Ruhan Du Toit - Bring Die Reën (Amptelike Musiekvideo)

Popular Music
Popular Music
35 followers
Nov 16, 2026  #The #Music

Luister 'Bring Die Reën' hier: https://RuhanduToit.lnk.to/BringDieReen

Lirieke:

Maande laas gehoor
Van die wolke wat treuer
My knieë is deur gebid
En my damme is leeg

My hart het hier verdwyn
Saam die lande se kleur
Die plaas het stil geraak
Toe jy aanbeweeg

En as jy my so mis
Pak jou lewe op
Onthou net een ding
Wanneer jy terug kom

Bring net die reën saam
Jy kan my heel maak
Want dit is droog
En ek's eensaam
Bid lankal vir reënval
So kom
Bring weer die reën

Die hemel het geweet
Dat ek jou moet hê
Ek hoor wanneer jy huil
Die wind dra jou stem

Nou lê ek op my rug
Ons sterre inlyn
Die plaas het my gevra
Hoekom het jy verdwyn

So as jy my so mis
Pak jou lewe op
Onthou net een ding
Wanneer jy terug kom

Bring net die reën saam
Jy kan my heel maak
Want dit is droog
En ek's eensaam
Bid lankal vir reënval
So kom
Bring net die reën

Wanneer jy kom
Vra net die son
Om ons net vir 'n rukkie te los

En as dit reën
Sal ons weer weet

Jy bring die reën saam
Jy kan my heel maak
Want dit is droog
En ek's eensaam
Bid lankal vir reënval
So kom
En bring net die reën
Jy kan my heel maak
Want dit is droog
En ek's eensaam
Bid lankal vir reënval
So kom
Bring net die reën
#The Popular Music #Music